作词 : Henco Bosman
作曲 : Henco Bosman
Wag jy
Langer as wat sy dan kan?
Al Hierdie leë beloftes sal maar
Binne my moet bly.
Kyk weer
Hoekom moet my moed so breek?
Dis amper asof almal anders
Weet dit het gebeur.
‘n Geraas by die agterdeur,
‘n Vermoede dat die duiwel weet.
Nog ‘n kans vir die eerste keer,
Ja, die Here gaan die hel in wees.
Hoe kan jy dan terugkyk
En alles net laat wees?
Dis tyd wat my dan terughou,
Daar is iets wat ek moet weet.
Nog ‘n vraagstuk het binne-in getree,
Die verrassing dans dan nog steeds
Oor die aarde, die hele atmosfeer.
Maar ek dink ek sal van lewe moet vergeet.
‘n Geraas by die agterdeur,
‘n Vermoede dat die duiwel weet.
Nog ‘n kans vir die eerste keer,
Ja, die Here gaan die hel in wees.
Was dit wreed? Was dit werklik alles?
Alles.
Want alles breek, alles altyd iewers.
Iewers.
Dalk moet ek skree, moet ek veg met almal.
Almal.
Want almal skree, almal hoor dan hoe ek—
Alles.
Alles breek.

热门推荐| 1 | |
|---|---|
| 2 | |
| 3 | |
| 4 | |
| 5 | |
| 6 | |
| 7 | |
| 8 | |
| 9 | |
| 10 |