作词 : Henco Bosman
作曲 : Henco Bosman
Sy sê ons sal mekaar mislukking lei.
Wat weet ek dan nie?
So swaar trek die jaar aan haar energie.
Te tragies, verniet.
Is dit beter om te droom?
Daar's niks en niemand wat ek
Vir jou kan uitruil nie.
Maar ons weet
Dat die duiwel net kan blaf,
Vir jou staar en hom stukkend lag.
Vir jou staar en hom stukkend lag.
Was dit vooruit gereël
Dat die jaar ook sal bars
Op sy nate?
Daar daal dit op my neer—
Hierdie helse verwagting.
Ek's seker dis beter om te droom.
Daar's niks en niemand wat ek
Vir jou kan uitruil nie.
Maar ons weet
Dat die duiwel net kan blaf,
Vir jou staar en hom stukkend lag.
Vir jou staar en hom stukkend lag.
Ek wil verveeld raak,
Eintlik van alles net vergeet, maar
Dis duidelik—
Duidelik ‘n probleem.
Al die jare se trane wat nog steeds dans.
Eintlik
Wil ek dan net verveeld raak,
Eintlik van alles net vergeet, maar
Dis duidelik—
Duidelik ‘n probleem.
Al die jare se trane wat nog steeds dans.
Eintlik bly ek net verveeld.

热门推荐| 1 | |
|---|---|
| 2 | |
| 3 | |
| 4 | |
| 5 | |
| 6 | |
| 7 | |
| 8 | |
| 9 | |
| 10 |